Filters
Results 1 - 1 of 1
Results 1 - 1 of 1.
Search took: 0.012 seconds
AbstractAbstract
[en] This report highlights uranium occurrences discovered by the author in the Kuruman and Gordonia Districts. These discoveries are the result of follow-up work of the regional geological, hydrological and hydrochemical studies of the area, undertaken by the Geology Division of the Atomic Energy Board since 1974. A surficial uranium deposit was discovered on the farm Rus en Vrede in the Kuruman District, at the junction of a palaeo-river with the Kuruman River. Uranium occurs in carbonaceous diatomaceous earth, with surface samples assaying up to 308 ppm U3O8. As uranium is also present in calcrete 18 km south of this deposit, there is a distinct possibility that significant surficial deposits may occur under the Kalahari sand cover in this area. In the Gordonia District an interesting discovery was made on the farm Tsongnapan where four boreholes, drilled for water, intersected radioactive bands in the Dwyka Tillite Formation. These rocks, which outcrop in the northeast corner of the Tsongnapan, also proved to be radioactive. Some 35 km to the east of this occurrence, borehole logging indicated the existence of an anomalous zone near the base of the Dwyka. In some of these boreholes uranium anomalies were also found in the calcrete and gravel of the Kalahari Formation. It is evident, therefore, that the Gordonia District has the potential of becoming an economically important uranium province. A radiometric ground survey of one of the pans indicated that wind and water action is possibly responsible for the local dispersion and segregation of radioactive minerals
[af]
In hierdie verslag beklemtoon die skrywer die uraanvoorkomste wat hy in die Distrikte Kuruman en Gordonia ontdek het. Hierdie ontdekkings is die resultaat van die opvolgingswerk van die streeksgeologiese, hidrologiese en hidrochemiese studies van die gebied waarmee die Afdeling Geologie van die Raad op Atoomkrag sedert 1974 besig is. 'n Oppervlakuraanafsetting is op die plaas Rus en Vrede in die Distrik Kuruman by die sameloop van 'n paleorivier en die Kurumanrivier ontdek. Uraan kom in koolstofhoudende diatomee-aarde voor en essaiering van oppervlakmonsters het tot 308 dpm U3O8 gelewer. Aangesien uraan ook in kalkreet 18 km suid van hierdie afsetting aanwesig is, bestaan daar 'n besliste moontlikheid dat betekenisvolle oppervlakafsetttings onder die bedekking van Kalaharisand in hierdie gebied kan voorkom. In die Distrik Gordonia is 'n interessante ontdekking op die plaas Tsongnapan gedoen waar vier boorgate wat vir water geboor is radioaktiewe bande in die Dwyka-tillietformasie gekruis het. Hierdie gesteente wat in die noordoostelike hoek van die Tsongnapan dagsoom, was ook radioaktief. 'n Boorgatopname ongeveer 35 km oos van hierdie voorkoms het die bestaan van 'n anomaloe sone naby die basis van die Dwyka aangetoon. In sommige van hierdie boorgate is uraananomaliee ook in die kalkreet en gruis van die Kalahari formasie gevind. Dit is dus duidelik dat die Distrik Gordonia die potensiaal besit om 'n ekonomies belangrike uraanprovinsie te word. 'n Radiometriese grondopname van een van die panne het getoon dat wind en water moontlik die plaaslike verspreiding en skeiding van radioaktiewe minerale veroorsaak hetPrimary Subject
Source
Nov 1978; 24 p; ISBN 0 86960 685 9; 

Record Type
Report
Literature Type
Numerical Data
Report Number
Country of publication
Reference NumberReference Number
INIS VolumeINIS Volume
INIS IssueINIS Issue